Produkte van GGSA Wes-Gauteng

DVD016

e-SAGI (Elektroniese SA Genealogiese Indeks) V5.0. Hierdie indeks, saamgestel deur Lucas Rinken, bevat meer as 500 000 name, wat deur 181 400 Suid-Afrikaanse families verteenwoordig word. Dit bied navorsers n betroubare databasis – een wat aanhoudend aangevul word met nuwe inligting. Dit is n dinamiese elektroniese databasis wat vinnig bekombaar is teen n redelike prys. Die doel van die indeks is om as verwysingsbron te dien vir diegene wat op soek is na riglyne en hulle dan die geleentheid bied om meer tyd aan navorsing te bestee

 

Die DVD bevat:

      Standaard weergawe van die Genealogiese Program Legacy – dit laat mens toe om Legacy op die rekenaar af te laai en om die e-SAGI.fdb data in die dataler wat deur Legacy geskep word in te voer

      Die e-SAGI databasis in Legacy Dataler-formaat en n Gedcom, sou jy verkies om die data direk in jou genealogiese program in te voer.

 

Kopers van enige vorige weergawe van e-SAGI (of sy voorganger, die Rinken-De Wet Databasis) geniet n afslag op hierdie nuwe produk.

 

Klik hier vir bestelvorm